In die media | Nuwe gemeenskapsentrum in Danville geopen

img-5997

Oorspronklik geplaas op Maroela Media

Tannie Lenie Pretorius, die ystervrou wat die afgelope 34 jaar haar lewe aan die Danville-gemeenskap gewy het, is vandag (18 Augustus) vereer toe die Kwaggasrand Reddingsdaad se nuwe gemeenskapsentrum na haar vernoem is.

Vir jare was die lokaal toegepak onder skenkings wat nog nie uitgedeel of verkoop is nie. Die verf het van die mure afgedop en die saal was onbruikbaar.

Die gemeenskap het egter in die afgelope paar maande saamgestaan om vir die sentrum ’n nuwe baadjie aan te trek.

Pretorius (82) het in haar lewe ’n busongeluk oorleef, kanker oorwin en ’n paar maande gelede ’n beroerte oorleef.

Lees die volledige artikel op Maroela Media

Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media

Meer artikels