HULP MET HART

Pleegsorgmodel

Toekomstuistes, skep tuistes vir kinders uit gebroke omstandighede wat sonder enige heenkome en maatskaplike hulp gelaat is.

Onder ’n Toekomstuiste se dak vind kinders weer hul lag, liefde, behoud en lewenswaarde! Die ATTSA besit en bestuur verskeie pleeg-en-nasorghuise in Suid-Afrika.

Voedingskemas

Die ATTSA ondersteun verskeie geregistreerde voedingsprogramme.  

Ons besef dat kinders wat honger ly, van baie meer as net ’n bord kos ontneem word. Ontwikkeling, groei, breinfunksie en fokus word direk deur hongersnood beïnvloed. Kinders het die reg tot gesonde en voedsame etes. Die ATTSA sorg en voed meer as 340 kinders per dag. 

Help die Helpersfonds

Maatskaplike uitdagings in ons land raak elke dag meer en die maatskaplike ondersteuningsnetwerk is onder geweldige druk. Die ATTSA neem verantwoordelikheid in hierdie opsig. Die Helpersfonds se fokus is om private maatskaplike hulpbronne in plek te stel, om verligting en ondersteuning te bied. Beskerm weerlose kinders teen die wrede realiteit van ons samelewing.

SMS

As jy bydrae wil maak SMS die woord HELP na 40112

Genadesak-fonds

Corlea en Mamilla Fashions het dié projek begin, want hulle glo in hoop.  

Hoop vir alle gebroke vroue. Vroue wat ’n droom het om haarself te herontdek, te versorg en te ontwikkel. 

Genade is ’n geskenk, wat deur meegevoel, saam MET hoop en empatie ’n verskil kan maak. Wees deel van iemand se nuwe begin! Skenk ’n gebruikte of nuwe handsak met enige sanitêreware, toiletware, grimering of lekkerruik goed vir ’n vrou in nood.

Groei Goggas

Die Groei Goggas-skool vir voorskoolse-kinders is in Danville geopen.

Northern Lights-Projek

Die Northern Lights-projek is ’n aanloopbaan wat geleenthede bied aan individue wat deur die strome van die lewe uitgespoeg is - waar die werklikheid van honger gaan slaap en alleen wakker word nie net ’n vrees is nie, maar ’n daaglikse realiteit. Daar is baie bekwame jongmans wat steeds ly onder die druk van hul daaglikse omstandighede. Jong volwassenes wat nooit die geleentheid ontvang het om te gaan studeer nie. Die antwoord vir die reuse-werkloosheid syfer in Suid Afrika is selfvoorsiening. Die Northern Lights-projek gee aan hierdie jongmanne ’n geleentheid om ’n sinvolle en positiewe bydrae binne die Suid-Afrikaanse ekonomie te lewer.