Wie is ons

ATTSA se uitnemendheid is gesetel in die bestuur van onafhanklike fondse.  

Ons bestuur al vir langer as 16 jaar korporatiewe en finansiële aspekte van verskeie fondse op ’n suksesvolle en volhoubare basis.  

Ons het uitstekende verwysings en voeg waarde toe tot enige firma, maatskappy of korporatiewe instansie. Ons dienslewering is ongeëwenaar.  

ATTSA se personeel is hoogs bekwaam met ’n uitsonderlike werksetiek en ’n diep sin vir verantwoordelikheid. 

 

Ons bestuur en administreer alle fondse konsekwent volgens die voorafbepaalde voorwaardes en regulasies.

Dié diens sluit in die hantering van alle administratiewe pligte asook fasilitering van toekennings, projekte, skenkings en borgskappe.

Skenkers of donateurs behou die reg voor om die instansie, individue of organisasie te kies wat befondsing ontvang, hulle besluit ook vir watter doel die fondse aangewend moet word.  

Doelstellings

Welsyn en humanitêr; Gesondheidsorg; Opvoeding en ontwikkeling; Afrikaanse Taal- en Kultuur; Grond en behuising; Bewaring, omgewing en dierewelsyn.

Missie

Die ATTSA streef daarna, om met ’n doelgerigte fokus van ondernemerskap ’n diens te lewer aan Afrikaanse gemeenskappe binne die raamwerk van jeugontwikkeling; maatskaplike diens-lewering; vaardigheidsontwikkeling; opleiding en natuurbewaring.

Integriteit, deursigtigheid en volhoubaarheid is die fondament van die ATTSA se dienswerk aan gemeenskappe en ook in ons vennootskappe met ander organisasies of besighede. 

Visie

Ons is batebeskermers en batebouers!

As batebeskermers is ons trustees van ons toekoms, sodat dit vir ons kinders behoue bly. 

As batebouers belê ons tyd en liefde in gemeenskappe asook kinders en jongmense se lewens deur skeppende diensprojekte. 

mense

Foto, naam, titel en kontakbesonderhede

Benodig

Addisionele pleeghuise; Volhoubare voedingskemas; Meer rentevrye studielenings; Uitbreiding van eie fondsbestuur platform; Die eerste Pleegsorg Mosaïek-huis aankoop en oprig -  wat fokus op berading, terapie en opleiding; Ondersteuning en bemagtiging van maatskaplike werkers en helpers; Nuwe diensbare projekte wat sigbare uitkomste lewer, ontwikkel en bestuur.