ATTSA doen beroep om LIG Kinderbediening-gholfdag te ondersteun

pexels-kindel-media-6573247-w

Die ATTSA (ATTSA) ondersteun en administrateur die LIG Kinderbediening-gholfdag om fondse in te samel vir die aanbied van kampe.

Die gholfdag vind plaas op 27 Mei by die Pretoria-gholfklub.

LIG Kinderbediening is ’n bediening wat al vir 14 jaar die mense in Danville, Elandspoort en Prokolamsieheuwel in Pretoria-Wes ondersteun en bystaan.  Meeste van dié kinders kom uit haglike huislike omstandighede. Daar is weekliks Bybelklubs vir laerskool-kinders, tieners en jong volwassenes.

Die kampe wat LIG Kinderbediening aanbied is vir die kinders die hoogtepunt van die jaar en daarvoor word fondse benodig. Tydens die kampe kry die kinders ’n buite-lug ervaring, en daar is ook geleentheid waar aan die kinderste se geestelik lewens aandag gegee word. Daar is ook groot klem op opvoedkundinge aktiwiteite.

“Ons wil graag beroep op mense doen om nie net deel te neem nie, maar ook om skenkings te maak waar moontlik om ’n sukses van die dag te maak. Deur dié gholfdag te ondersteun maak jy ’n daadwerklike verskil in die lewe van ’n kind wat dit nodig het,” het Dinah Bronkhorst, Hoof Uitvoerende Beampte van ATTSA gesê.

Die formaat van die toernooi is vierbal-spanne.

Vir meer besonderhede en om in te skryf kontak Dinah by help@attsa.org

 

 

 

Meer artikels