||MEDIAVERKLARING|| ATTSA help mammas met dié baba-sakke

Mother's handbag with items to care for child. Women's hands take things out of bag.

ATTSA begin ’n projek genaamd Klein-Lyfie-babasak om diegene te help wat omsien na verlate babas of moeders wat in desperate nood verkeer.

Binne ’n stabiele huislike omgewing is die koms van ’n baba (klein lyfie) een van die wonderlikste gebeure. Daardie gevoel wat die nuwe mamma kry wanneer sy die nuus ontvang: “Jy is swanger”, is een wat haar onmiddellik oorweldig met liefde vir die klein mensie binne haar. Die nuwe ouers se hele lewe verander in ’n oogwink. Die dae en maande word afgetel en die nuwe mamma monitor die groei, ontwikkeling en vorming van die mensie met omgee en deernis. Familie en vriende is daar om ’n ondersteuningsnetwerk te vorm vir die gesin en almal help waar hulle kan.

Dít is egter nie vir almal beskore nie, vertel Dinah Bronkhorst, Uitvoerende Hoof van ATTSA.

“Ongelukkig is dié ondervinding weens omstandighede nie vir alle mammas dieselfde nie. Die woorde: ‘Jy is swanger’, skep vir sommiges vrees, onsekerheid en kommer. Hoe gaan sy sorg, liefde gee en die klein lyfie voed? In so baie gevalle kom die babas in die wêreld sonder ’n ondersteuningsnetwerk en betrokkenes wat omgee vir hulle. Vir dié babas is die arms wat hom of haar vir die eerste keer vashou, klinies en sonder die intense liefde van ouers wat daardie lyfie so bitter nodig het.

“Dit is die realiteit. Nie alle toekomstige ouers het dieselfde gevoel en verantwoordelikheid om vir daardie lyfie alles te gee om gesond, geliefd en gekoester te voel nie. Dan is daar sommige ouers wat bitter graag alles wil gee, maar weens omstandighede dit nie kan doen nie. Met dié projek wil ATTSA daar wees vir elke klein lyfie wat verwerp, verstoot en verwaarloos word. Kom ons pak ’n Klein Lyfie-babasak propvol liefde, omgee en deernis!”

Die babasakke sal onder andere aan enkelmoeders en mammas in beskermingshuise voorsien word, asook aan instansies wat na babas omsien wat deur middel van veiligheidsbokse by hul gelaat is.

Die babasakke kan gevul word met onder andere wipes, doeke (pasgebore / nr 1), speelpakkies, sokkies, nuwe fopspeen, gesiglap, oorpluisies, watte, boutjiesalf, baba sjampoe / lyfwas, babaroom, handdoek.

“Deur só babasak vol te maak, gee jy ’n baba in nood die geleentheid om dieselfde begin as enige ander baba te hê. ATTSA is lief vir kinders, en ons wil verseker dat elke kind in Suid-Afrika alles nodig het om versorg en beskerm te word,” het Bronkhorst bygevoeg.

Afsetpunte sluit in ATTSA se hoofkantoor in Pretoria h.v. Lea en Hugostraat 474, Waterkloof Glen. Kontakbesonderhede is help@attsa.org

As u in die Wes-Kaap woon en graag ’n babasak en/of items wil skenk, skakel gerus 061 531 6500.

Meer artikels