|| MEDIAVERKLARING || ATT betrokke by Atterbury Trust Mandelamaandprojek

web_vir_papiersak

Met die oog op Mandela-dag het die Afrikaanse Toekomstrust  (ATT) ook met Atterbury Trust,  Atterbury Property, GROOTfm 90.5, Atterbury Teater en WeBuyCars hande gevat om soveel as moontlik toiletware vir behoeftige persone in te samel. Begunstigdes wat hiervoor geoormerk word is onder andere die werklose kelners in die Pretoria-omgewing, gesinne van kospakkies wat by skole uitgedeel wat afhanklik was en kollegas wat swaarkry.

“Dit is vir ons ‘n voorreg om deel van Atterbury Trust se Mandelamaandprojek te kan wees. ATT het ook hul eie bruinpapiersakprojek (https://afrikaansetoekomstrust.org/mediaverklaring-afrikaanse-toekomstrust-att/) in Julie geloods waar hul die publiek aanmoedig om enige basiese kruideniersware, klere, speelgoed en boeke vir behoeftige kinders by die Voortrekkermonument te besorg,” sê Dinah Brokhorst, uitvoerdende hoof van ATT.

“Mense sal bevraagteken hoekom ons as ‘n weldaadsorganisasie by ‘n ander organisasie se projek betrokke wil raak? Hierdie is egter net weereens ‘n demonstrasie dat dit nie saakmaak hóé jy gee nie, maar dat jy gee. Alle liefdadigheidsorganisasies het dieselfde doelwit: om ‘n verskil te maak,” sê Bronkhorst.

Volgens Jani Doms van Atterbury Trust het hul Mandelamaandprojek reeds afgeskop deurdat elke werknemer, van die organisasies wat betrokke is, ‘n sakkie ontvang het wat hul met toiletware kan vul. Lede van die publiek is welkom om ook sakkies te kom afhaal of bloot enige ander sak te gebruik.

Alle donasies moet die Atterbury Trust teen 28 Julie bereik.  Dit kan vanaf Maandag tot Vrydag tussen 08h00 en 16h00 by die volgende plekke afgesit word: GROOTfm 90.5, Atterbury Teater, Atterbury Property (Die Klubhuis), Woolworths in The Club retail, WeBuyCars Silver Lakes en Midstream, Centurion Teater en ATT se kantore Voortrekkermonument.

“Indien u nie hiervoor tyd kan inruim nie, is u welkom  om ‘n kontantbydrae (spesifiek tot hierdie projek) op Atterbury Trust se aanlynwinkel (https://atterburytrust.org/shop/toiletware-vir-mandelamaand/) te maak. Die voorgestelde donasie van R200 sal seker maak dat iemand wat dit werklik nodig het toiletware in hierdie maand van gee en omgee ontvang,” sê Doms.

Vir meer inligting loer gerus na die Mandelamaandprojek-insetsel op Die Groot Ontbyt (https://youtu.be/Liaxvv61MpM).

 

UITGEREIK: 12 Julie 2021
VIR MEDIA NAVRAE KONTAK:
Dinah Bronkhorst
Uitvoerende hoof: Afrikaanse Toekomstrust
Tel: 072 126 1158

Meer artikels