|| MEDIAVERKLARING || Afrikaanse Toekomstrust (ATT)

web_vir_papiersak2
Op 12 Julie is dit Internasionale Bruinpapiersakdag. ‘n Bruinpapiersak is ‘n simbool van hoop vir persone wat onder moeilike omstandighede leef of probeer oorleef. Ter viering van Mandela-dag op 18 Julie wil die Afrikaanse Toekomstrust (ATT) die publiek aanspoor om ‘n bruinpapiersak met noodsaaklike items te vul en só ‘n verskil in die lewe van behoeftige kinders te maak.
 
“Daar is tientalle mense daar buite wat wíl gee, maar nie weet hoe nie. Die bruinpapiersakprojek is dus ideaal om ‘n impak te hê en ook jou kinders tydens die skoolvakansie by liefdadigheid te betrek,” sê Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van ATT.
 
ATT gee aan minderbevoorregte persone die geleentheid om hulself vanuit hul omstandighede te ontwikkel deur middel van gefokusde projekte. Dit sluit onder andere voedingsprogramme, korttermyn uitreik-aksies sowel as langtermyn oplossings soos opleiding en pleeghuise in.
 
Die nie-winsgewende weldaadsorganisasie moedig die publiek aan om in Julie ‘n bruinpapiersak met die volgende basiese items te vul en by hul kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria te besorg:
  • Doeke;
  • Formule melk;
  • Wintersklere vir kinders en volwassenes;
  • Toiletware;
  • Vitamienes;
  • Komberse;
  • Handskoene en serpe vir kinders en volwassenes;
  • Boeke (Kinders en Volwassenes);
  • Nie-bederfbare kruideniersware;
  • Vars produkte;
  • Vleis;
  • Geskenkbewyse van Checkers, Pick n Pay of Dis-Chem;
  • Tweedehandse selfone, tablette en skootrekenaars wat ATT in die leersentrum kan gebruik;
  • Handdoeke en waslappe;
  • Maskers; en
  • Detol seep.

 
Pakkies kan ook deur middel van Paxi na Elarduspark PEP gestuur word.
 
Vir meer inligting kontak Bronkhorst gerus by 0121118352 of besoek www.afrikaansetoekomstrust.org vir meer inligting. Help ATT om ander te help!

Vir media navrae kontak:
Dinah Bronkhorst – Uitvoerende Hoof
Sel: 072 126 1158

Meer artikels