Let’s Work It Out is ’n projek wat deur die ATTSA (ATTSA) en Louis Botha Kinderhuis geloods word waar hoërskoolleerders en voornemende studente waardevolle leiding oor vakkeuses en verskillende studie- en beroepsrigtings sal ontvang. Die projek bestaan uit deurlopende groepbesprekings en ʼn ekspo wat in September 2022 aangebied is.

Leerders kry met hierdie projek inligting rakende moontlike loopbane, kursusse, lenings, vervoer, verblyf en hulpmiddels oor hoe om suksesvol in hoërskool en tersiêre onderwys te wees.

Praktiese wenke sluit ook in hoe om ʼn CV op te stel, asook wat die korrekte etiek tydens ʼn onderhoud is.

As jy ‘n verskil in ‘n leerder se toekoms wil maak, SMS die woord HELP na 40112 of stuur ‘n e-pos na help@attsa.org

Datum:                Saterdag 3 September 2022

Tyd:                      09:00 tot 12:00

Plek:                     Louis Botha Kinderhuis – Briscoelaan 5, Queenswood

Toegangsfooi:    R10