Raak ‘n vennoot in ‘n student se lewe!

Raak ‘n vennoot in ‘n student se lewe. Help ons om fondse in te samel om sodoende vir minderbevoorregte studente die vryheid te skep om hul toekoms te verseker. Direkte benadering is ons sukses. Ons land het soveel uitdagings, een daarvan is die tekort aan instansies wat ons kinders help om deur middel van lenings te help studeer. Ons wil hierdie leemte aanspreek.

Stig ’n Studiefonds of maak ’n Skenking aan ’n spesifieke Studiefonds:

Goeie opleiding skep ‘n toekoms waarin studente hul drome kan uitleef.

Raak deel van studente se opvoedkundige ontwikkeling – skep ’n gefokusde en volhoubare ontwikkelingsfonds wat ’n student sonder finansiële kommer en uitdagings kan aanwend.

Die Afrikaanse Toekomstrust bestuur, ontvang aansoeke, evalueer aansoeke aan die hand van voorafbepaalde voorwaardes, hanteer alle administratiewe pligte, fasiliteer toekennings en hanteer alle terugbetalings.

Die skenker en/of donateur behou die reg voor om self die suksesvolle aansoeker(s) te kies, die bedrag toegestaan te bepaal, en op welke wyse befondsing aangebied sal word – Rentevrye studielenings, Beurse of Lenings (met toepaslike rente).

Studente wat kwalifiseer vir befondsing se uitsette en impak word deurlopend deur die trust geëvalueer.

Jaarlikse verslae word aan die donateurs gestuur rakende die aanwending van fondse (Administratiewe, Finansiële en Beleggingsgroei).

Die trust word jaarliks deur ‘n onafhanklike ouditeur geoudit.

Stig ’n Maatskaplike Fonds of maak ’n skenking om ’n spesifieke projek te ondersteun:

Projekte wat kwalifiseer vir befondsing se uitsette en impak word deurlopend deur die trust geëvalueer.

Oorkoepelende struktuur waarbinne die gemeenskapstrukture bestuur en ondersteun word;

Ontvang projekvoorleggings – evalueer volgens trust doelwitte – aanbevelings

Kontroleer deur bywoning

Terugvoerverslae

Uitsette

Ons studente

Ons werk met oordeel, integriteit en uitermatig versigtig met skenkings – ons doen wat ons sê want ons belê in mense!

Die grootste geskenk wat ons vir mense kan gee is trots, hoop, onafhanklikheid, selfbehoud, self waardigheid, vooruitgang en opleiding.