Teddy Bears Picnic Donations

Ons het by verskeie landwye Kinderhowe betrokke geraak.  Dis uiters traumaties vir ‘n kind om in die Hof te getuig, en daarom het ons verskeie oudio Bybels versprei (in die vorm van verskillende diertjies).  Ons het ook gehelp met die inrig van die kamer waar die kinders vooraf wag.  Die kamer is opgewek uitgeverf en ingerig sodat hierdie kinders ‘n bietjie normaliteit kan ervaar alvorens hulle in die Hof moet getuig.  Ons is ook tans besig met die Teddy Bears Picnic Donations, waar ons ‘n afsetpunt in Pretoria begin het, waar mense enige mooi en bruikbare teddiebere kan afgee.  Ons versprei dit dan aan al hierdie getraumatiseerde kinders.

Meer artikels