Sorg, Beskerm, Belê

SORG

Arthur – Renoster – Ons skattige nuwe pleegkind!

CARE FOR WILD
Deur: Carinda Habig

Care for wild is ‘n “renosterweeshuis” anderkant Nelspruit. Hulle missie is om renosterkalfies wat ‘n stroping oorleef het te versorg.

Tussen 2015 en 2016 is daar ‘n gemiddeld van 3 renosters per dag in die Krugerwildtuin gestroop. In daardie jaar was daar ‘n gemiddeld van 4 kontakte per dag dag met stropers. Dit wil sê daar was daagliks op 4 geleenthede konfrontasie met stropers. ‘n Gemiddeld van 3 groepe stropers het per dag die wildtuin geinfiltreer. Nie net Renosters loop deur onder hierdie barbaarse aktiwiteite nie. Ander diere soos die ietermago, olifante en leeus word onderandere ook ernstig gestroop. Selfs van die bome word gestroop omdat daar ‘n poeier van hulle bas gemaak word wat volgens party mense help vir vele kwale (behalwe domgeid) Stroping is ‘n volskaalse oorlog en mense wat intens by die bekamping daarvan betrokke is sê omonwonde dat die grensoorlog destyds minder kontakte gehad het as wat daar daagliks in die Kruger plaasvind.

Wanneer ‘n renosterkoei gestroop word en sy het ‘n kalf, is dit instink wat die kalfie naby aan sy mamma laat bly tydens die aanval. Die stropers wil nie onnodige skote afvuur nie en die kalfie word dus verjaag deur hom/haar met ‘n panga te kap om hulle te probeer afskrik. SOU ‘n kalfie so episode oorleef, en nie deur wilde diere opgeëet word nie, word hulle so gou as moontlik deur bewaarders opgespoor, verdoof, en dan per helikopter (indien daar 1 beskikaar is) na Care for wild vervoer. Hulle word dadelik op ‘n drip gesit omdat meeste van hulle gedehidreer is van die lang tyd sonder melk en die geveg om sy lewe gaan nou in alle erns voort.

Daar staan Petronel Nieuwhout en haar span reg, 24 uur per dag om die gewoonlik baie baie siek en soms verminkte kalfies te help. Die kalf is uit die aard van sy omstandighede vreesbevange en sy assosiasie met mense se reuk is baie negatief.

Hierdie outjies word 24 uur per dag versorg deur liefdevolle mense wat probeer hom heel te maak wat ander mense kom verwoes het. Hulle word dadelik na die ICU geneem waar van die oppassers letterlik saam met hulle slaap. Hulle word geblinddoek en kry oorpluisies om al die vreemde geluide en dinge stelselmatig aan hulle bekend te stel.

‘n Renosterkalfie ervaar trauma net so intens soos ‘n 4 jarige kind en die trauma van die aanval en doodmaak van sy ma bly vir altyd by hom.

By Care for wild word die Renosters gered, gerehabiliteer en in ‘n beskermde omgewing vrygelaat. Hulle gaan nie terug wildtuin toe nie.

Wanneer die Renosters groot genoeg is om te kan terug skakel in die veld word hulle in ‘n baie groot kamp gehou. Hulle vorm van kleins af natuurlike familiegroepe wat wissel van so 3 per groep tot 8. Elkeen van die groepe wei heeldag saam. Hulle almal se horings word afgehaal.

Wat behels so “beskermende omgewing”?

Dit is ‘n kamp wat met elektriese heinings omhein word. Die grensdrade word ‘n paar keer per dag gepatrolleer deur wagte en opgeleide honde. “Drones” monitor deur die dag hulle beweging, en elke familiegroep het sy eie swaar gewapende wag wat 24 uur per dag nooit meer as 15 meter van hulle af is nie. Dit is ongelooflik aangrypend om te dink hierdie diere is helder oordag in so beskermende omgewing steeds so onveilig. Tydens en net na volmaan vind die meeste stropings plaas en wanneer mens eenkeer met stropings te doen gekry het, verloor ‘n volmaan sy bekoring vir altyd vir jou.

Ek het as voortrekkeroffisier ‘n projek geloods van 2016 af. “Renoster red is vet pret” was eers net my span se omgee projek, toe word dit ons kommandoprojek en nou is dit ‘n nasionale projek wat geld insamel vir Care for wild. Die projek het in 2018 ‘n R100 000-00 ingesamel en ons het vroeg in Desember die fondse gaan oorhandig. Ons het ook die voorreg gehad om een van die wesies as amptelike voortrekker in te lyf. Arthur is die lieflikste kalfie en het baie harte gesteel met ons laaste besoek. Ons was op E nuus en is baie dankbaar om te kan sê dat mense regtig nog omgee.

Gevolglik het daar nou sustersprojekte onstaan naamlik, “Pakkies vir brakkies’ en “Bokse vir bewaarders”.

“Pakkies vir brakkies” samel fondse en vaardighede in om die honde eenheid van die Kruger by te staan in hulle daaglikse stryd teen stropers.

“Bokse vir bewaarders” fokus op die bewaarders agter alles wat hulle lewens daagliks waag ter wille van ons natuurerfenis. A4 papierbokse word gevul met sekere items wat die bewaarders nodig het en bietjie bederf en ons sal graag 3 keer die jaar bokse vir hulle wil gaan oorhandig.

Kontak my gerus vir ‘n inligtingspraatjie oor renosterbewaring en Care for wild. Dalk stel julle skool belang om die eerste afrikaanse skool te wee swat ‘n standpunt inneem en die projekte ondersteun.

Renosterliefde!
Carinda Habig
071 832 5541

BESKERM

K9 Eenheid - Bakkies vir Brakkies

Ek het vandag n held ontmoet. Eintlik n held en helde. Johan de Beer en sy honde. Johan is die stigter en hoof van die K9 honde eenheid in die Krugerwildtuin. Een kant, ver buite die publieke oog, versorg die oud-polisieman die honde wat dag en nag die stropers onverbiddelik jag. 

By die ingang is n ontstellende herinneringbaken opgerig van 1600 wrede draadstrikke wat in die veld gevind is. Tot September 2018 was daar 207 arrestasies in die veld, waarvan 203 direk aan die honde eenheid te danke is. Hy vertel die honde en werk onsettend hard. Hulle vrees niks. Een van die honde is deur n leeu aangeval en op n ander keer het n koedoe haar met sy horings deur die ribbes deurboor. Dan staan die dapper hond op om steeds die vernietigers te jag. 

Helde soos Johan en sy honde werk hard onder lewensgevaarlike omstandighede om die stuk aarde vir ons kinders te bewaar. Juis daarom gaan Die Voortrekkers ons Wildehonde-spanne  en enige ander span wat wil vra om in 2019 n projek, Pakkies vir brakkies, te loods om vir die helde te wys ons gee om en sê dankie.

Dit is nie genoeg om net te versorg nie, ons moet ook beskerm. Die K9 honde-eenheid in die Krugerwildtuin is ‘n  inisiatief van die SANParke Ereveldwagters. Die dapper honde was by 203 van die 207 arrestasies van stropers in die Krugerwildtuin betrokke.

Die ATT ondersteun die gemeenskapsprojek omdat ons ook moet belê in die versorgers en beskermers van ons wild en kinders. Die honde-eenheid is 100% afhanklik van die welwillendheid van mense besorg is oor die geweld wat teen mens en dier in die Krugerwildtuin gepleeg word. Die ATT wil met die projek Die Voortrekkers help om uit te reik na die bewaarders en ook ‘n bydrae lewer tot die volhoubare versorging van die dapper helde. 

 

English

Care packages for the K9 unit_Afrikaans

BELê

Voortrekkerbaadjie 

Die beste toekomsbelegging is om ‘n kind in ‘n minder gegoede gemeenskap ‘n beter kans te bied om hulle grense te verskuif en potensiaal te verwerklik.

‘n Kultuurorganisasie soos skep vir kinders in minder gegoede omstandighede ’n behoortplek. In die Voortrekkers het ’n kind nog die geleentheid om in die natuur te speel, in riviere te swem, berge te verower en saans om die kampvuur na sterre te kyk. Behalwe die gevoel van vryheid om in die veld te hardloop en te speel, vra niemand in Die Voortrekkers wie jou pa en ma is nie. Niemand vra in watter woonbuurt jy bly nie. Niemand beoordeel jou volgens jou kleredrag nie. Ná dag een is alle kinders by ’n kamp in elk geval ewe vuil. By Die Voortrekkers is elke kind ’n iemand en elkeen het ’n plek. By Die Voortrekkers het elke kind ’n geleentheid om sy potensiaal ten volle te ontwikkel en daarvoor erkenning te kry.

Om die rede wil die ATT volhoubaar in ‘n minimum van 200 Afrikaanse kinders se ontwikkeling belê deur hulle instaat te stel om ‘n Voortrekker te word en voluit aan die kampe en aktiwiteite deel te neem.