Baie babas word gebore sonder dat daar spesifiek vir hulle beplan is. In stabiele huishoudings kan dit ʼn wonderlike verrassing wees, maar baiekeer word hierdie babas sonder ʼn ondersteuningsnetwerk gebore of iemand wat vir hulle omgee.

ATTSA en Unchain our Children se Ooievaarstee vir ongewenste klein lyfies wil liefde gee vir babas wat verwerp, verstoot en verwaarloos is. Dit sal op Vrydag 26 Augustus van 10:00 tot 12:00 plaasvind by Hugostraat 474, Waterkloof Glen.

Maak ʼn doeksak (nuut of ʼn goeie, gebruikte een) vol met bababenodigdhede wat dan as toegang by die Ooievaarstee sal dien. As jy nie die tee kan bywoon nie, sal daar op die dag ook ʼn deurry- ooievaarstee wees waar enigiemand skenkings of só ʼn gepakte doeksak kan kom afgee.

Die projek wil die liefdevolle arms wees rondom ʼn babalyfie wat nie gevra het om hier te wees nie, maar ook liefde en omgee nodig het.

Die skenkings word dan uitgedeel aan persone wat na verlate babas omsien, of aan moeders wat in desperate nood verkeer.

Inligtingsessies word as deel van die projek gehou om leerders van graad 10 tot 12 in te lig rondom moontlike kursusse, lenings, vervoer en verblyf. Leerders sal ook touwys gemaak word oor onder andere hoe om ʼn CV op te stel en korrekte etiek tydens ʼn onderhoud.

ʼn Loopbaanuitstalling in die vorm van ʼn ekspo maak ook in September deel uit van hierdie projek waar rolspelers verskillende beroepsvelde aan die kinders bekend sal stel.

Raak deel van hierdie projek om ʼn verskil in ʼn kind se toekoms te maak.

SMS HELP na 40112 of stuur ʼn e-pos na help@attsa.org as jy ʼn bydrae wil maak.

Ooievaarstee vir ongewenste klein lyfies | Vrydag 26 Augustus

Ooievaarstee
Ek gaan: