Maroela Media en VW skenking

ʼn Helpende hand van liefde: Maroela Media het Maandag, in samewerking met Volkswagen Suid-Afrika, ʼn skenking van R6 000-00 aan die Afrikaanse Toekomstrust by hulle kantore in Lyttelton Manor, Centurion oorhandig. Die Afrikaanse Toekomstrust is ʼn onafhanklike organisasie het ʼn welsynsoogmerk met ʼn spesiale fokus om mense met onder meer opvoeding, ontwikkeling, gesondheidsorg en behuising te help.

V.l.n.r is Siyanga Madikizela, skakelbeamptebestuurder van Volkswagen SA, Joani Roux, pleegma, Melani Lategan, kantoorbestuurder van die Afrikaanse Toekomstrust, Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Toekomstrust, en Brendon Staniforth, motorjoernalis en advertensiebemarker van Maroela Media.

Meer artikels