In die Media | Bejaardes al vyf dae in die donker ná metro hul krag afsny

redding03

PRETORIA – ‘n Skuiling in Pretoria wat hoofsaaklik na behoeftige bejaardes omsien, sit al vyf dae lank sonder krag weens ‘n geskil met die Tshwane-metro.

Kwaggaspoort Reddingsdaad, ‘n gemeenskapsprojek van die Afrikaanse Toekomstrust, se kragtoevoer is afgesny omdat die metro beweer die skuiling skuld hulle meer as R600 000.

Die skuiling betwis dié bedrag omdat die kragmeter al jare lank stukkend is.

Tientalle pleidooie dat die meter vervang moet word, val volgens die bestuur op dowe ore.

Bron: eNuus
 
 

Meer artikels