Hope Giving Meals is ʼn ATTSA-ondersteunde inisiatief waar plantgebaseerde proteïene dit moontlik maak om mense voedsaam en bekostigbaar te voed.

Een pak VeggieMeat teen R20 kan ses volwassenes of 10 kinders voed. Dit werk dus uit op R2 per ete per kind, of R3 per volwassene. Elke pak van hierdie voedselalternatief is gelaai met Vitamiene A, B1, B2, B3, B5, B6, B12, C, D3 en E.

Die voedsame en bekostigbare Blitz-skommel is ook ʼn proteïenaanvuller wat selfs deur atlete gebruik word. Hierdie produk bevat Moringa, ʼn natuurlike bron van vitamiene en minerale.

Moeggesukkel (ook ʼn ATTSA-ondersteunde projek waar behoeftiges gehuisves en gevoed word) gebruik daagliks hierdie Hope Giving Meals-voedselalternatiewe sodat mense nie honger gaan slaap nie.

Verder word daar ook aan van die Moeggesukkel-inwoners werk verskaf by die Hope Giving Meals-aanleg. Op hierdie manier word Hope Giving Meals nie net ʼn inisiatief om monde te voed nie, maar speel dit ook ʼn groot rol in opheffing waar jong mans ʼn tweede kans kry om weer hulle selfrespek te kan terugkry en ʼn inkomste te verdien.

SMS 40112 of stuur ʼn e-pos aan help@attsa.org as jy vandag iemand met ʼn vol maag wil bederf.