As jy nie kan kies tussen gemmerkoekies, koffiekoekies, vlakoekies, soetkoekies of sjokoladesplinterkoekies nie, wees nie bevrees nie! Jy kan sommer aan ál hierdie koekies vir slegs R100 vir 1 kg smul.

Jou aankope sal help om werk aan elf dames by Eljada Huis te verskaf. “Help die Bakkers” is ʼn ATTSA-ondersteunde projek waar dames uit die gemeenskap opgelei en opgehef word. Hier leer hulle nie net om koekies te bak nie, maar ook om weer menswaardig te voel omdat hulle nou ʼn inkomste kan verdien.

Die inkomste uit die koekies word verder ook aangewend vir bedryfsuitgawes by ATTSA se pleeghuise.

Kontak vir Monique du Plessis by 071 483 8502 of koekies@attsa.org om jou liplekker koekies te bestel!