Pleegsorg bied ʼn veilige hawe aan kinders

Pleegsorg is die versorging van ʼn kind deur iemand wat nie sy natuurlike ouer is nie deur bemiddeling van ʼn welsynsorganisasie. ʼn Pleegkind is ʼn kind wat tydelik in die sorg van ʼn persoon geplaas is wat nie sy natuurlike ouer is nie. Vanuit hierdie definisies soos in Pharos se Woordeboek van Regs- en Handelsterme, word daar dus afgelei…

Lees meer

KOEKIES VOL LIEFDE, LEKKERTE ÉN HOOP

As jy nie kan kies tussen gemmerkoekies, koffiekoekies, vlakoekies, soetkoekies of sjokoladesplinterkoekies nie, wees nie bevrees nie! Jy kan hierdie Desembervakansie sommer aan ál hierdie koekies smul terwyl jy na die see staar, in die berge stap, of met Jan Tuisbly se karretjie ry! Boonop sal jou aankope help om werk aan elf dames by…

Lees meer

Groei-goggas lei én voed voorskoolse kinders op

Groei-Goggas is ʼn skool vir voorskoolse kinders wat in Januarie vanjaar in Danville geopen is. Daar is tans 20 kinders met ouderdomme wat tussen vier en vyf jaar wissel. Hierdie ATTSA-ondersteunde projek wil kinders in Pretoria-Wes met groot maatskaplike uitdagings op verskillende terreine van die lewe nie net aan ʼn opvoeding blootstel wat sal help…

Lees meer

ATTSA- uitvoerende hoof wen gesogte toekenning

Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA), is gisteraand aangewys as die wenner van die jaarlikse African Achievers Awards-toekenning wat sy tydens ʼn glansgeleentheid in Londen in ontvangs geneem het. Hierdie prys word toegeken aan entrepreneurs, gemeenskapsbouers en diegene wat doeltreffend ʼn bydrae in die opheffing van Afrika lewer.   “In die wêreld waarin…

Lees meer

Kragtoevoer herstel nadat regsfirma ingryp

ʼn Dispuut met die Tshwane-stadsraad oor foutiewe meterlesings het daartoe gelei dat Kwaggaspoort Reddingsdaad, ʼn projek wat deur Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) ondersteun word, se krag onwettig op Vrydag 26 Augustus afgeskakel is. Dit ten spyte van artikel 102 van die Munisipale Stelselwet wat bepaal dat die krag nie afgeskakel mag word terwyl daar ʼn dispuut…

Lees meer

Loopbaanekspo vir alle hoërskoolleerders en voornemende studente

Let’s Work It Out is ’n projek wat deur die ATTSA (ATTSA) en Louis Botha Kinderhuis geloods word. Die ekspo, wat deel vorm van hierdie inisiatief, vind Saterdag 3 September 2022 plaas waar hoërskoolleerders en voornemende studente waardevolle leiding oor vakkeuses en verskillende studie- en beroepsrigtings sal ontvang. Verteenwoordigers van verskeie instansies sal leerders oor verskillende loopbane en kursusse toespreek…

Lees meer

Ooievaarstee vir ongewenste klein lyfies sorg vir oop harte en hande

Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) en Unchain our Children het saamgespan om ʼn Ooievaarstee vir onbeplande klein lyfies te hou om liefde vir babas te gee wat verwerp, verstoot en verwaarloos is. “Die reaksie was oorweldigend. Mense het al vooraf ʼn hele klompie skenkings by ons kantore kom aflaai of per koerier gestuur, en ons is vandag werklik verras…

Lees meer

ATTSA gee hulp met ʼn warm hart maar hef ook op en bemagtig

Wie is die Afrikaanse Toekomstrust Suid-Afrika (ATTSA)? ATTSA is ’n onafhanklike welsynsorganisasie wat met hulle betrokkenheid by verskeie projekte gereeld die groot geskenk van trots en menswaardigheid aan mense gee wat selde of ooit daardie gevoel ervaar. “By die Afrikaanse Toekomstrust skep ons tuistes vir fondse,” sê Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van ATTSA in haar…

Lees meer

Ooievaarstee vir ongewenste klein lyfies

Die Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) en Unchain our Children se Ooievaarstee vir ongewenste klein lyfies wil liefde gee vir babas wat verwerp, verstoot en verwaarloos is. Dit sal op Vrydag 26 Augustus van 10:00 tot 12:00 plaasvind by Hugostraat 474, Waterkloof Glen. “Baie babas word gebore sonder dat daar spesifiek vir hulle beplan is. In stabiele…

Lees meer