Best Care Training

Ons het op 17 November 2017 ‘n projek saam met Best Care Training gedoen waar hulle minderbevoorregte mense in die gemeenskap oplei in noodhulp. Die projek was by Laerskool Nicolaas Smit in Claremont, Pretoria-Wes.  Elke vrou en kind het ‘n Kersgeskenk ontvang wat deur die mammas van Laerskool Die Krans & Flamink & Swaan Kleuterskole geborg is.  Elke vrou en kind het ‘n heerlike worsbroodjie, koeldrank en lekkergoed ontvang.  Eleos het hulle mammas en kinders wat in hulle omgewing is, geidentifiseer en hulle uitgenooi na die dag.  Daar was hope pret met ‘n springkasteel en Best Care Ambulanse wat hulle sirenes aangeskakel het en op die sportveld rondgery het.  Die kinders was mal daaroor!

Meer artikels